| |||||
Nasionale leuse: Superba et confidens (Latyn vir: "Trots en vol vertroue") | |||||
Volkslied: Golden Rock | |||||
Hoofstad | Oranjestad | ||||
Grootste stad | Oranjestad | ||||
Amptelike tale | Nederlands en Engels[1] | ||||
Regering | Besondere munisipaliteit binne Nederland Willem-Alexander Mark Rutte Alida Francis | ||||
Onafhanklikheid Geïnkorporeer
• Datum |
binne Nederland 10 Oktober 2010 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
21[2] km2 8 myl2 feitlik geen | ||||
Bevolking - 2022-skatting - Digtheid |
3 242[3] (–) 154 / km2 405 / myl2 | ||||
Geldeenheid | Amerikaanse dollar ($) (USD )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
AST (UTC-4) nie toegepas nie (UTC-4) | ||||
Internet-TLD | .nl, .ana[4] | ||||
Skakelkode | +599-3 | ||||
a. Gaan gestaak word. |
Sint Eustatius (Nederlands: [sɪnt øːˈstaːtsijʏs], ) is 'n Nederlandse eiland in die Karibiese See. Tot in 2010 het Sint Eustatius deel uitgemaak van die Nederlandse Antille, maar dié eiland is sedert 10 Oktober 2010 'n besondere munisipaliteit binne Nederland.[5]
Die amptelike taal is Nederlands en die volkstaal is Engels. Die hoofstad en grootste stad is Oranjestad. Die eiland beslaan 'n oppervlakte van 21 km² en het 'n bevolking van 3 242 in 2022 gehad. Sedert 1 Januarie 2011 is die Amerikaanse dollar die amptelike geldeenheid.[6]